
.png)
WIE IS ONS?
Ons is IDENTITY, manne van die woord, manne van alle ouderdomme wat sosiaal verkeer en ook Christus verteenwoordig. Ons doel is om ‘n kragtige beeld van broederskap en geestelike eenheid te skep. Hierdie samekoms gee ‘n ruimte van aanmoediging, ondersteuning en geestelike groei. Waar ons mekaar aanmoedig om hul geloof in elke aspek van hul lewens uit te leef. Dit is ‘n plek waar ons mekaar inspireer om Christus se liefde en genade uit te leef. Ons visie is om ‘n omgewing te skep waar mans hul geloof prakties kan uit leef deur liefdevolle interaksie, selfs deur net te “unwind” deur ons sosiale samekoms.
WAT DOEN ONS?
Ons manne kom so eenkeer ‘n kwartaal bymekaar op ‘n Saterdag waar ons lekker saam kuier en aktiwiteite doen. Dit is ‘n geleentheid om bietjie te ontspan en net te vergeet van die alle dagse gebeurtenisse. Kom wees deel. Wat ‘n voorreg om saam mede boetas in Christus bymekaar te kom. Op die geleentheid eet ons ook heerlik saam.
Bedieningleier:
Reinier Francis
082 570 0087
