
_edited_edited.png)
Kolossense 3:23-24
"Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here die erfdeel as beloning sal ontvang. Dien Christus as die Here."
WIE IS ONS?
Die Lighuis Middelburg se Sosiale Media en Bemarking span is toegewyd om ons gemeente se boodskap van BELEEF, BEHOORT, BETROKKE en BEREIK, aanlyn uit te dra. Ons skep en deel inspirerende en leersame inhoud wat die lig van Christus na ons gemeenskap bring, verbind mense aan ons kerk en ondersteun ons missie om God se liefde sigbaar te maak in elke huis.
​
MISSIE:
Ons missie is om deur kreatiewe en doeltreffende sosiale media en bemarking, siele vir Jesus te wen en bereik. Die goeie boodskap van Jesus te versprei, mense te verbind en ons gemeenskap te bemagtig om Christus se lig in elke aspek van hul lewe te sien en deel.
​
VISIE:
Ons visie is om 'n digitale gemeenskap te bou waar ons kerk se boodskap grense oorskry, harte aanraak, en mense regoor die wêreld inspireer om deel te wees van 'n groter beweging van geloof en hoop. Ons streef daarna om 'n platform te skep wat God se liefde weerspieel en mense aanmoedig om in verbinding met ons kerk en met mekaar te bly.
Bedieningleier:
Minicke Burger
072 536 1097
