
_edited.png)
Johannes 4:23 - 24:
Daar kom ñ uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom sò aanbid.
God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
WIE IS ONS?
His Presence Worship is die aanbiddingspan van Lighuis gemeente. Ons hoof fokus is om as span, in eenheid, die gemeente in lof en aanbidding te lei. Soos ons naam ook sê, begeer ons om God se teenwoordigheid te beleef, nie net tydens aanbidding nie, maar ook as ñ leefstyl.
Elkeen bring sy talente om God te aanbid en ons streef daarna om elke instrument en stem tot die beste van ons vermoë te gebruik en ontwikkel. Hierdie is nie net lekker musiek nie, maar ñ roeping. Ons neem geen eer nie, maar Jesus alleen verdien die eer!
His Presence Worship is ñ liefdevolle familie waar elkeen ñ plek het, mekaar ondersteun en saam groei. Ons werk nou saam met die visie en misie van die gemeente en leierskap om saam God se aangesig te soek en ñ geesvervulde fondasie te lê vir elke diens.
WAT DOEN ONS?
Ons oefen elke Donderdag aand om 19:00. Sondae is ons op ons pos met elke diens. Ons hou ook kwartaaliks Aanbiddingsaande en dis ñ belewenis wat niemand wil mis nie!
Bedieningleiers:
Louise & Armand Nothnagel
079 476 6239
